Skip to content

Die Hooggeregshof in Pretoria beslis Zuma moet R28,9-miljoen se regskoste terugbetaal

# Die Hooggeregshof in Pretoria het oudpresident Jacob Zuma beveel om meer as 28,9-miljoen-rand se regskoste terug te betaal wat onregmatig deur die staat befonds is vir sy persoonlike verdediging teen korrupsie-aanklagte. Regter Anthony Millar het ook beslis hy moet die staatsadvokaat rente betaal. Indien die bedrag nie binne 60-dae vereffen word nie, kan daar beslag gelê word op Zuma se bates en dit kan verkoop word, insluitend sy presidensiële pensioen. Die staatsadvokaat moet kwartaalliks verslag doen oor hoe die invordering verloop. Zuma bly aanspreeklik vir die regskoste.