# Die dodetal in ‘n padongeluk in die suide van Ethiopië het tot minstens 71 gestyg. Die ongeluk was in die staat Sidama, sowat 300 kilometer suid van die hoofstad, Addis Abeba. Sidama se Polisiekommissie en Direktoraat vir Verkeersvoorkoming en Beheer het op ‘n Facebook-plasing gesê 68 mans en drie vroue het tot dusver gesterf. Die voorval het plaasgevind toe die vragmotor waarop hulle was, van die pad geloop en in ‘n rivier beland het.
Dodetal in padongeluk in Ethiopië styg tot minstens 71