# Die minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die ontstellende voorkoms van geslagsgeweld en vrouemoorde veroorsaak dat dit gevaarliker is vir ‘n vrou in Suid-Afrika as om in oorloggeteisterde gebiede te wees. Tydens die laaste drie maande van die verlede jaar is 285 kinders en een-duisend-135 vroue vermoor. Altesaam 18-duisend-474 vroue en twee-duisend-281 kinders is gewelddadig aangerand. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê minister Chikunga vra mans om leiding te neem om ‘n einde hieraan te bring:
Dit is gevaarliker om ‘n vrou in Suid-Afrika te wees as in oorloggeteisterde gebiede [KLANK]
ENG SelalaOnGBVF