Skip to content

Disabled People South Africa wil Suid-Afrika se G20-agenda beïnvloed

# Disabled People South Africa sê die land se G20-presidentskap moet nog tasbare stappe doen om seker te maak persone met gestremdhede het billike toegang tot inligting, deelname of die vermoë om die G20-agenda te beïnvloed. Volgens Statistiek Suid-Afrika het sowat 7,5-persent landsburgers ʼn gestremdheid. Die organisasie se nasionale voorsitter, Patrick Mahlakoane, sê gestremdes se sakeondernemings moet baat by die ekonomiese geleenthede wat die G20 skep.