Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Dis vandag Internasionale Dag van Geluk

# Dit is vandag Internasionale Dag van Geluk wat alle mense se geluk en welstand wil bevorder. Die Verenigde Nasies sê geluk is ʼn basiese menslike doelwit. Die dag fokus daarop om die betekenis van geluk in ag te neem wanneer mense doelwitte en strewes bepaal, en hulle aan te moedig om ʼn beter lewe te hê. Die VN het in 2015 die 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte bekend gestel om die weg te baan na ʼn gelukkiger en meer volhoubare wêreld. Dit wissel van die uitwissing van armoede tot die beskerming van die planeet.