# Die Sederbergse munisipaliteit in die Wes-Kaap wat in die verkiesing nie ‘n volstrekte meerderheid gehad het nie, is die eerste plaaslike owerheid in die land wat ‘n koalisie-bewind gevorm het. Die DA, die VF-Plus en die Cederberg First Residents Association het ‘n ooreenkoms bereik om saam die munisipaliteit te regeer wat voorheen deur die ANC beheer is. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê hulle was vasberade om nie met enigeen te redekawel nie, maar om ‘n bestendige koalisie saam te stel. Die partye het beloof om werk te maak van dienslewering.