# Die regering sê die geringe maar merkbare toename in indiensneming en die afname in werkloosheidsyfers weerspieël gesamentlike pogings om die uitdaging van werkloosheid in die land aan te spreek. Die kwartaallikse arbeidsmagopname dui aan dat die aantal werkende mense in die derde kwartaal met 399-duisend tot 16,7-miljoen toegeneem het. Die aantal werklose mense het met 72-duisend tot 7,8-miljoen afgeneem. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering sal voortgaan om beleide te implementeer wat beleggings aanmoedig, ekonomiese aktiwiteit stimuleer en vernuwing bevorder, wat alles bydra tot volgehoue werkskepping.
Die regering sê hy bly daartoe verbind om ‘n ondersteunende arbeidsmark te skep