# Die Noordwes-polisie het niksvermoedende lede van die gemeenskap gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle reageer op advertensies op sosiale media, aangesien misdadigers aanhoudend met nuwe maniere vorendag kom om mense te bedrieg. Die waarskuwing volg nadat ‘n vals indiensnemings-advertensie aan die begin van hierdie maand op Facebook geplaas is. Die polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê mense is daarin genooi om aansoek te doen vir ‘n vakante pos by die Witrand-hospitaal in Potchefstroom:
Speel klankgreep: ENGSabataMokgwabone