# Die polisie in Lebowakgomo het ‘n soektog begin nadat ‘n 23-jarige verstandelik gestremde vrou, Koketjo Thabang van GaMarishana, verdwyn het. ‘n Polisiewoordvoerder sê die slagoffer is klaarblyklik ‘n pasiënt met verstandelike getremdheid. Sy het 27 Desember verdwyn nadat sy vir behandeling opgeneem is. Sy het na bewering haar kamer verlaat om die badkamer te gebruik toe sy oor ‘n heining gespring en weggehardloop het. Enige iemand met inligting oor waar sy haar bevind, kan Nyamanyawo Baloyi by 082 565 8234 kontak.