# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê hulle praat tans met die Nasionale Tesourie oor die befondsingsmodel van die Parlement. Die 2024/2025-begroting vir die Parlement is vasgestel op 4,436-miljard-rand, insluitend 500-miljoen-rand vir die opknapping van parlementêre geboue en fasiliteite. Didiza sê die Parlement se begroting het mettertyd afgeneem, wat sy werk negatief beïnvloed. Sy sê die brand by die Parlement het groter finansiële druk veroorsaak en die doeltreffendheid van die instansie benadeel.
Die Parlement wil hê die Nasionale Tesourie moet sy krimpende begroting aanspreek