# Die Mineraleraad van Suid-Afrika meen staatskaping is ‘n vorm van ekonomiese sabotasie. Die raad sê in sy reaksie op die bevindinge in die eerste deel van die staats-kapingsverslag, Transnet se lokomotief-verkrygingsprogram met sy talle ongerymdhede het Suid-Afrika miljarde rand gekos. Die Raad steun die daarstelling van ‘n Nasionale Handves wat wetlik bindend sal wees op enigiemand wat goedere en dienste aan die regering verskaf.