# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en rolspelers in die regering gaan vandag inspeksie uitvoer in Alexandra, Gauteng, om die vordering te bepaal met die instelling van sy voorstelle. Die kommissie het in Julie verlede jaar ‘n verslag uitgereik wat staatsorganisasies beveel om dringend in te gryp om menseregteskendings in die township te stop. Die kommissie het verder opdrag gegee dat alle staatsbetrokkennes op wie die bevindings en kwessies van toepassing is, binne 60 dae nadat die verslag ontvang is, gesamentlik of apart daarop moet reageer.