Te midde van ‘n stygende moordsyfer in Suid-Afrika, het die polisie se vermoë om oortreders aan te keer en skuldig te bevind, gedaal en slegs een uit tien moordsake eindig nou in suksesvolle vervolging. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Instituut vir Sekerheidstudies, wat toon moorde het vanaf 2011/2012 tot verlede jaar met 77-persent gestyg. Drie-en-tagtig-present van die moorde is in KwaZulu-Natal, Gauteng, die Wes- en Oos-Kaap aangeteken. Gareth Newham van die instituut sê operasies met hoë polisiesigbaarheid het vir meer as ‘n dekade nie daarin geslaag om misdaad te verminder nie, en die kwessie vereis ‘n ander strategiese benadering.
Die Instituut vir Sekerheidstudies sê nuwe strategiese benadering is nodig om Suid-Afrika se hoë moordsyfer te takel