# Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, het beveel dat oningeënte mense in hegtenis geneem word as hulle tuisbly-voorskrifte ignoreer wat gemik is op die bekamping van koronavirus-gevalle wat weens die Omikron-variant die hoogte inskiet. AFP berig die regering het vandeesweek inperkings-regulasies verskerp in Manila en verskeie ander provinsies en stede. Oningeënte mense onder die hoofstad se 13-miljoen inwoners is opdrag gegee om tuis te bly, nadat gevalle die afgelope twee dae verdriedubbel het.