# Die departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het gister die heropening aangekondig van die aanlyn-aansoekstelsel vir die toekenningsproses van visvangregte, vir geregistreerde gebruikers én nuwe aansoekers. ’n Woordvoerder, Albi Modise, sê aansoeke sluit om middernag op 28 Januarie volgende jaar. Die besluit oor die aansoeke sal na verwagting teen 28 Februarie bekendgemaak word. Modise sê die heropening van die stelsel gee alle geregistreerde gebruikers en nuwe aansoekers visvang-regte nóg ‘n kans om hul aansoeke weer in te dien, óf om hul bestaande aansoeke aan te pas.