# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens pleit by beide ingeënte en oningeënte mense om bloed te skenk, aangesien daar nou minder as drie dae se bloedvoorraad oor is. Siemi Prithvi Raj van die bloeddiens sê die voorraad is min, omdat skenkers nie beskikbaar is nie, aangesien hulle met vakansie is of nie hierdie tyd van die jaar so gereeld as ander tye bloedskenk nie. Raj sê nog ‘n rede is die vraag na bloed wat nie so beduidend gedaal het as wat gewoonlik die geval is nie.