# Die Asante-koning van Ghana het die terugkeer van 130 goud- en bronsartefakte uit die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika, waarvan sommige tydens koloniale tye geplunder is, verwelkom. Die items het koninklike regalieë, tromme en seremoniële goudgewigte ingesluit, wat dateer uit die 1870’s en wys die kulturele rol wat goud in die Asante-samelewing speel. Die Britse kunshistorikus, Hermione Waterfield, het 25 van die stukke geskenk en die res is deur die Suid-Afrikaanse mynmaatskappy AngloGold Ashanti geskenk. Amptenare van die maatskappy sê die gebaar is ‘n daad van kulturele respek en versoening.
Die Asante-koning van Ghana verwelkom terugkeer van artefakte uit VK en Suid-Afrika