# Die ANC het sy siening verander enkele ure nadat hy die aanbod van Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis van die hand gewys het om geriewe in die stad vir parlementsittings te gebruik. Die kantoor van die ANC se hoofsweep, Pemmy Majodina het ‘n tweede nuusvrystelling oor hulle standpunt vrygestel. Dit is in teenstelling met ‘n vroeëre verklaring waarin die party die DA-beheerde stad van ‘n set beskuldig het om plekke vir die sittings aan te bied. In die nuwe verklaring sê die ANC dat alle openbare plekke gebruik moet word in die beste belang van die mense. Die parlementêre owerhede het nog nie hul besluit oor Hill-Lewis se aanbod bekend gemaak nie.