# Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu se as is tydens ‘n private familie-plegtigheid in die St George-katedraal in Kaapstad begrawe. Die Anglikaanse Aartsbiskop, Thabo Makgoba, het sy oorskot geplaas onder ‘n gegraveerde gedenksteen voor die hoë altaar in die historiese kerk waar Tutu mense baie jare lank gedien het. Familie, vriende, geestelikes en politici het Saterdag ‘n gedenkdiens in die katedraal bygewoon. President Cyril Ramaphosa het die huldeblyke gelei. Tutu is verlede week in die ouderdom van 90 jaar oorlede.