Skip to content

Departement verwelkom proklamasie van twee wysigingswette oor maatskappye

# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het president Cyril Ramaphosa se proklamasie verwelkom van twee wysigingswette oor maatskappye. Dele van Wysigingswet 16 op Maatskappye van 2024 en die hele Tweede Wysigingswet 17 op Maatskappye van 2024 het verlede week van krag geword. Die departement sê dit is ‘n aansienlike mylpaal in ondernemingsreg in Suid-Afrika. Hy sê die wysigingswette vergemaklik die bedryf van sake deur sekere afdelings op te klaar, te vereenvoudig en te versterk.