# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het ‘n munisipale skoonmaak- en vergroenings-veldtog van stapel gestuur. Dit vorm deel van die Uitgebreide Openbare Werke-program, en is daarop gemik om meer as sewe-duisend-250 onwettige stortings-brandpunte landwyd skoon te maak. Minister Barbara Creecy sê die projek sal in groot stede ingestel word, insluitend Kaapstad, Sol Plaatjie, Mafikeng, Msunduzi, Polokwane, Johannesburg, Ekurhuleni, Tshwane, Mogale City, Sedibeng, Mbombela en Mangaung. Die veldtog sal meer as 37-duisend werksgeleenthede skep en bydra tot die volhoubaarheid van die omgewing.
Departement vasberade om rommel uit te wis