# Die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer in Mpumalanga is hard aan die werk nadat swaar reën oor die naweek groot skade in die Nkangala-distrik aangerig het. Die LUR, Mohita Latchminarain, sê sy is baie tevrede met die instandhoudingspan se vinnige reaksie om gemeenskappe wat geraak is by te staan. Sy sê die span het brûe wat ineengestort het en beskadigde paaie tydelik gesluit en begin vandag met herstelwerk.