# Die departement van Gesondheid sê sy onmiddellike prioriteit is om soveel mense moontlik van 50 jaar en ouer teen Covid-19 in te ent vóór die verwagte vierde vlaag infeksies. Meer as 80-persent van Covid-19-verwante sterftes het in dié ouderdomsgroep voorgekom. Meer as vier-miljoen mense van 50 jaar en ouer is nog nié teen Covid-19 ingeënt nie. Die departement het nou die aanbod van honderd rand-voedsel geskenkbewyse vir mense wat vir hul eerste inenting gaan, uitgebrei na mense van 50 en ouer. David Harrison van die departement sê die reaksie op die aanbod van Vooma-koopbewyse was swak en slegs agt-duisend-135 is sover ingeruil.