# Die Departement van Basiese Onderwys is bekommerd oor die toenemende aantal onderwysers wat weens growwe wangedrag afgedank word. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders het sedert verlede jaar 443 sake teen onderwysers ontvang. Dit sluit seksuele wangedrag, lyfstraf sowel as verbale mishandeling in. ‘n Verslag dui op minstens 11 onderwysers wat afgedank is nadat hulle op ‘n reeks aanklagte skuldig bevind is.