# Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika in Gauteng het die skietdood van ‘n verpleegkundige by die Tembisa-hospitaal aan die Oos-Rand veroordeel. ‘n Polisiebeampte wat aan diens was het die vrou doodgeskiet en toe die geweer op homself gerig. Die man, wat glo haar kêrel was, is in ‘n bedenklike toestand. Denosa se woordvoerder, Simphiwe Gada, sê hulle wil hê die Departement van Gesondheid moet dit heroorweeg om gewapende polisielede toe te laat om gesondheidsorggeriewe te betree, tensy dit weens buitengewone omstandighede is:
Speel klankgreep: ENG-Simphiwe