# Die vakbond Solidariteit verwelkom die uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria wat afdelings 36 tot 40 van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik verklaar. Die hof het beslis dit is onwettig vir die regering om te beperk waar dokters mag praktiseer, wat die NGV se omstrede behoeftesertifikate ongeldig maak. Die Departement van Gesondheid is beveel om die vakbond se regskoste te betaal. Dirk Hermann van Solidariteit onderneem om steeds te veg teen die wet se sentralisering van gesondheidsfondse:
Dele van Wet op Nasionale Gesondheid ongrondwetlik verklaar [KLANK]
AFR HermannOnHealthAct