# Dele van Suider-Afrika het nog ‘n droë seisoen op hande ná die ergste droogte in dekades weens die El Niño-weerverskynsel. Lande soos Zimbabwe het baie min reën gehad, ondanks voorspellings van reën in Oktober. Meer as die helfte van dié land se 16-miljoen inwoners het vanjaar voedselhulp nodig. Gesinne slaan reeds etes oor om hul voorraad te rek. Die Wêreldvoedselprogram is bekommerd oor die verslegtende toestande. Programdirekteur Barbara Clemens glo grondhervorming en klimaatsverandering het Zimbabwe se vermoë verswak om kos volhoubaar te produseer.
Dele van Suider-Afrika kan nog ‘n droë seisoen ervaar ná El Niño