# Afrika se grootste dagga-ekspo loop vandag in die Sandton Konvensie Sentrum in Johannesburg ten einde. Meer as honderd uitstallers is teenwoordig. Ten spyte van die stigma wat aan dagga kleef, ondersoek baie lande die moontlikheid om die bedryf te ondersteun en die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Die ekspo wil die regering, aandeelhouers en die algemene publiek bewus maak van die voordele van die daggaplant en die vernuwende produkte wat daaruit spruit, bekend te stel. Hieronder tel mediese, finansiële, landbou- en leefstyl-aspekte.