# Die voormalige burgermeesterskomiteelid vir Finansies, Dada Morero, is as Johannesburg se 12de burgemeester in agt jaar ingesweer. Die ANC se streekvoorsitter het 189 stemme gekry teen Belinda Kayser-Exheozonjoku van die DA se 60. Verskeie partye, insluitend ActionSA het Merero as kandidaat gesteun. Hy het voorheen in 2022 vir slegs 25 dae as burgemeester gedien. Morero is deur die President van die Streekhof, Modibedi Djaje ingesweer:
Dada Morero as Johannesburg se 12de burgemeester in agt jaar ingesweer [KLANK]
ENG-MoreroOnOath