# Die DA het ‘n beroep op die Departement van Gesondheid gedoen om toe te sien studenteverpleegkundiges in die Oos-Kaap word aangestel in gebiede waar daar tekorte is. ‘n DA-LP, Haseena Ismail, sê die party het briewe ontvang van verpleegkundiges in die Oos-Kaap wie se kontrakte nie hernu is nadat hul Covid-19-kontrakte voltooi is nie. Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika het ook verlede week hul griewe met die departement gelig. Ismail sê die DA stem saam met die organisasie se versoeke vir ‘n meer geskikte befondsingsmodel vir die opleiding van verpleegkundiges.