Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

DA verwelkom Parlement se bevestiging van ampsklag teen regter Hlophe

# Die DA het die Nasionale Vergadering se besluit verwelkom om ten gunste van ʼn ampsklag teen die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe te stem. Hy sê die party het nog altyd gesê Hlophe het nie die integriteit om ʼn regter te wees nie. Parlementslede van tien uit die 14 politieke partye wat in die Parlement verteenwoordig word, het die verwydering ondersteun. Hlophe het op onbehoorlike wyse probeer om regters in die Konstitusionele Hof te beïnvloed in korrupsie-aanklagte teen die destydse president Jacob Zuma. Die DA sê Hlophe se optrede hou ʼn ernstige gevaar in vir die onpartydigheid en onafhanklikheid van die regstelsel.