# Die DA versoek die onmiddellike ontbinding van die Johannesburgse Waterraad. Die party se streeksvoorsitter, Wendy Alexander, sê die DA wil gekwalifiseerde professionele persone in waterbestuur hê, gebaseer op meriete en nie politieke verbintenisse nie. Sy sê die versuim van die huidige raad om die infrastruktuur in stand te hou en watertekorte aan te pak, het miljoene inwoners in gevaar gestel. Sy het bygevoeg die situasie is ‘n risiko vir openbare gesondheid en menseregte. Sy sê die party sal aanhou veg vir inwoners se regte om toegang tot skoon en betroubare water te hê.
DA versoek onmiddellike ontbinding van Johannesburgse Waterraad te midde van krisis