Skip to content

DA soek antwoorde oor vyf-miljoen dossiere wat sedert 2018 gesluit is [KLANK]

# Die DA sê hy wil hê die polisie se topamptenare gelei deur minister Senzo Mchunu moet voor die parlementêre portefeulje oor Polisie verskyn. Dit hou verband met meer as 5,4-miljoen dossiere wat sedert die 2018/2019-boekjaar gesluit is weens onvoldoende bewyse of leidrade. Lisa Schickerling van die DA sê die inligting wat Mchunu verskaf het, beklemtoon kommer oor die bestuur van dossiere en die tekort aan kapasiteit en personeel in die polisie se speurdiens:

AFR SchickerlingOnDockets