# Die DA sê inwoners van die Oos-Kaap ontvang nie spoedige polisiereaksie wanneer hulle dit die nodigste het nie, weens ‘n tekort aan voertuie by plitspatrollie-eenhede in die provinsie. ‘n DA-lid van die Wetgewer, Bobby Stevenson, sê slegs 14 van die 48 voertuie wat aan die ses eenhede in die provinsie toegeken is, is tans in werking. Hy sê hy sal hierdie aangeleentheid by die volgende sitting van die provinsiale Wetgewer opper. Stevenson meen daar kan nie van die polisie verwag word om misdaad te bekamp as hulle nie die hulpbronne het om dit te doen nie.