# Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Paaie en Logistiek het die bus-subsidiestelsel in 2016/2017 en 2017/2018 verkeerd ingestel. ʼn Woordvoerder, Evert Du Plessis, sê die subsidies is nie behoorlik verwerk nie en die maatskappye wat kontrakte ontvang het om inwoners te vervoer, is maandeliks betaal sonder dat die regte prosesse gevolg is. Hy sê omdat die voorgeskrewe formule nie gevolg is nie, het die departement meer as tien-miljoen-rand aan busmaatskappye betaal wat op onregmatige uitgawes neerkom:
DA sê Gautengse bus-subsidies het onregmatige uitgawes van meer as R12-miljoen [KLANK]
ENG EvertonBusSubsidies