# Die DA in die Wes-Kaap sê die voorkoms van groepsgeregtigheid mag nooit aanvaarbaar wees nie en die regsorde moet streng gehandhaf word. ‘n DA-lid van die wetgewer, Reagen Allen, sê die antwoord op sy vraag in die wetgewer het aan die lig gebring daar is tussen April 2018 en Maart vanjaar jaarliks gemiddeld 177 groepsgeregtigheid-aanvalle in die provinsie aangeteken. Allen het bykomende vrae by die polisie ingedien via die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, oor maatreëls wat ingestel is om groepsgeregtigheid hok te slaan:
Speel klankgreep: ENG ReagenAllenOnMobJustice