Skip to content

DA sê brandstofprys-verlaging is bewys van regering van nasionale eenheid se voordeligheid

# Die DA sê die aansienlike daling in brandstofpryse in Oktober is ʼn bewys van die toenemende vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die tasbare voordele van die regering van nasionale eenheid. Die prys van 93-oktaan petrol het gedaal met een-rand-ses-sent per liter en 95-oktaan met een-rand-14-sent. Diesel is tussen een-rand-12- en een-rand-14-sent per liter goedkoper. Die DA sê hy is bemoedig deur die belowende tekens van ekonomiese herstel, laer inflasie en dat hoop in die land besig is om te herstel.