Skip to content

DA ruk op oor voortslepende watertekorte in Gauteng

# Die DA se premierskandidaat in Gauteng, Solly Msimanga, lei vandag in Pretoria ʼn optog na die kantoor van die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, oor voortslepende waterkwessies. Die party sê sy griefskrif wat eis dat die uitvoerende hoof van Rand Water afgedank word, het duisende handtekeninge op. Die DA sê die voortslepende gebrek aan water wat Gautengse inwoners die afgelope maande teister, veroorsaak swaarkry en bring die lewensbestaan en algehele welsyn van gemeenskappe in gedrang. Hy voeg by dis tyd dat die minister beslissend optree.