# Die DA het die Gautengse Departement van Gesondheid gekritiseer omdat hy kos by Vrystaatse ondernemings koop. Hierdie besluit is geneem te midde van ‘n gebrek aan plaaslike kontrakte, nadat die vorige kontrak verval het. Die DA sê ondernemings soos Carved Business Solutions en MP Ngophe Caterers verskaf voedsel teen hoë pryse, soos 20-rand-68 sent vir ‘n brood. Die woordvoerder, Jack Bloom, vermoed korrupsie en onbevoegdheid. Hy vra ‘n ondersoek na hierdie kontrakte en pleit vir billike, deursigtige ooreenkomste:
DA kritiseer Gautengse Gesondheidsdepartement vir aankoop van voedsel in Vrystaat [KLANK]
ENG-BloomOnContract