Skip to content

DA in Noorde-Kaap sê Emthanjeni moet aanspreeklik gehou word vir water- en sanitasiekrisis [KLANK]

Die DA in die Noord-Kaap sê hy verwelkom die portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering se verbintenis om die Emthanjeni-munisipaliteit aanspreeklik te hou. Dit is weens sy pligsversuim om betroubare water- en sanitasiedienste aan inwoners van Britstown, De Aar en Hanover te voorsien. Die party het onlangs ‘n toesigbesoek by die afvalwatersuiweringswerke in De Aar afgelê. Fawzia Rhoda van die DA sê hulle het gesien hoe strome riool van die aanleg af in die Brakrivier vloei en dit besoedel, wat ernstige gesondheids- en omgewingsgevare inhou:

AFR FawziaonSanitationCrisis