Skip to content

DA in hof om Gauteng-speaker se besluit ook Gesondheid-LUR uit te daag [KLANK]

# Die DA in Gauteng het hofdokumente ingedien teen die speaker van die provinsiale wetgewer, Morakane Mosupyoe. Mike Moriarty van die party sê die speaker het ongrondwetlik besluit om die DA se mosie van sensuur teen die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, op grond van die onbenulligste redes ontoelaatbaar te verklaar. Hy sê Mosupyoe het ʼn regverdige en redelike debat oor ʼn LUR se gedrag gekeer. Hy sê dis veral kommerwekkend omdat die LUR se optrede, en veral die weiering van behandeling aan kankerpasiënte, onnodige skade en selfs die dood veroorsaak:

ENG MikeonMotion