# Die DA in Gauteng is woedend omdat dienste by die Charlotte Maxeke Johannesburg Hospitaal en die Rahima Moosa Moeder- en Kind-hospitaal ontwrig is. Dit volg nadat Egoli Gas dienste by die hospitale afgesny het omdat die provinsiale Departement van Gesondheid die onderneming ‘n bedrag van 15-miljoen-rand skuld. Die DA-lid, Jack Bloom, sê dit is nog ‘n voorbeeld van die departement se algemene wanbestuur, aangesien daar ‘n tekort is van meer as 7,3-miljard-rand in die boekjaar, wat hierdie maand eindig:
DA in Gauteng sê wanbetaling veroorsaak dat Egoli Gas twee hospitale afsny [KLANK]
ENG JackonEgoliGas