Skip to content

DA in Gauteng sê hy gaan behuisingswaglys oudit  

# Die DA in Gauteng sê indien hy tot die regering verkies word, sal hy ʼn forensiese oudit van die behuisingswaglys laat doen om seker te maak behuising word slegs aan regmatige begunstigdes toegeken. Die behuisingsagterstand staan op meer as 1,2-miljoen. Die DA se premierskandidaat, Solly Msimanga, sê die provinsie se behuisingskrisis duur voort en die provinsiale regering se tandelose benadering om infrastruktuurprojekte teen vandalisme en kapings te beskerm, vererger die probleem.