Skip to content

DA in Gauteng sê Departement van Ekonomiese Ontwikkeling haal nie werkskeppingsteikens nie [KLANK]

# Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling faal steeds die inwoners deur nie sy sleutelteikens te haal nie, wat dienslewering en werkskepping negatief beïnvloed. Patrick Atkinson van die DA sê volgens die departement se jaarverslag vir die 2022/2023-boekjaar, het hulle nie die werkskeppingsteiken van 572-duisend-784 poste gehaal nie. Hy sê slegs drie-duisend-en-62 werksgeleenthede is deur die verskillende programme geskep, wat kommerwekkend en onaanvaarbaar is: