# Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se onvermoë om ʼn enkele goedgekeurde bedrog-opsporingsverslag in die vierde kwartaal voor te lê, beteken hy het geen voorneme om korrupsie uit te roei nie. Die party se provinsiale leier, Solly Msimanga, sê Lesufi se kantoor beweer die verslag kon nie voltooi word nie weens die projek se ingewikkeldheid en ʼn tekort aan hulpbronne. Hy sê die bedrog-opsporingsverslag is noodsaaklik om die provinsiale regering te help om korrupsie op te spoor en uit te roei:
DA in Gauteng beskuldig Lesufi dat hy korrupte amptenare beskerm [KLANK]
ENG SollyonLesufi