# Die DA in Gauteng sê die finansiële las om vir die geskrapte e-tolstelsel te betaal, moes nie na die provinsie verskuif het nie. Hy sê die nasionale regering is aanspreeklik vir die skuld. Die provinsiale regering moet 30-persent van die e-tolskuld vereffen en die eerste paaiement van 3,8-miljard-rand is Maandag betaal. Ruhan Robinson van die DA sê dis onaanvaarbaar dat die skuld deur die provinsie se inkomste gedelg moet word wat reeds op die medium termyn in die begroting toegewys is:
DA in Gauteng bekommerd oor e-tolskuld wat dienslewering in gevaar stel [KLANK]
ENG Ruhanone-TollDebt