# Die DA eis vir die onmiddellike herlewing van die polisie se reservisteprogram. Die party sê daar is slegs drie-duisend-502 reserviste oor, wat ‘n verstommende 90-persent afname is sedert die 2011/12 boekjaar. Die DA-lid, Andrew Whitfield, skryf die afname toe aan die minister van polisie, Bheki Cele, se doelbewuste verwaarlosing. Volgens Whitfield wek die ineenstorting van die reserviste-program kommer oor hoe die toenemende misdaad aangepak gaan word. Hy doen ‘n beroep op die polisie om met ‘n vinnige werwingsaksie te begin, en veral om afgetrede lede te teiken:
DA eis dringende herlewing van polisiereservisteprogram [KLANK]