Skip to content

DA eis dringende forensiese ondersoek na Gautengse Vennootskapsfonds

# Die DA in Gauteng vra ‘n onmiddellike onafhanklike forensiese ondersoek na die Gautengse Vennootskapsfonds. Dit dateer terug na toe adjunkpresident Paul Mashatile die LUR vir Menslike Nedersettings was. Verslae dui op ondeursigtige raadsaanstellings, twyfelagtige betalings aan ‘n regsfirma met bande met Mashatile, en ongerymdhede met fondsinsameling. Die woordvoerder oor Menslike Nedersettings van die DA in Gauteng, Mervyn Cirota, sê bewerings sluit in agt-miljoen-rand wat sonder ‘n kontrak aan  prokureurs oorbetaal is en twyfelagtige lenings aan Mashatilese skoonseun. Cirota vra die nuwe administrasie in Gauteng om die Spesiale Ondersoekeenheid te betrek.