# Die DA sê die party is bekommerd omdat ‘n kragopwekker gister by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg onklaar geraak het. ‘n Kind en ‘n maatskaplike werker was vir ‘n uur in ‘n hysbak vasgekeer voordat die kragtoevoer herstel is. Jack Bloom van die DA sê dit is nie duidelik of die kragonderbreking die gevolg van beurtkrag was nie, aangesien slegs Blok 2 van die hospitaal geraak is:
Speel klankgreep: ENG Jack Bloom