Die DA-leier John Steenhuisen sê hy gaan die Openbare Beskermer, Koleka Gcaleka vra om ondersoek in te stel na bewerings van verkwistende uitgawes vir spyseniering aanboord die Inkwazi presidensiële vliegtuig. Volgens bewerings het die spyseniering op die 12-uur lange vlug van Londen na Suid-Afrika, na die begrafnis van Koningin Elizabeth die Tweede verlede jaar, op 24-duisend-rand per kop te staan gekom. Steenhuisen sê dit kom neer op net onder 600-honderd-duisend-rand in totaal vir minder as 18 BBP-gaste, wat president Cyril Ramaphosa en die ANC se blatante minagting vir belastingbetalers demonstreer:
DA bekommerd oor buitensporige koste van spyseniering op presidensiële vliegtuig [KLANK]
ENG SteenhuisenOnExpenditure